Sunday, September 27, 2009

Tribute to Dewald Roode


(...and he has been most handy with PhDs too! Photo by Bennett Alexander)

My long-time friend and one of my academic role models, Dewald Roode passed away this morning at 07:00.
In tribute to him I copy an email I sent to him after his second radiation treatment last year, as well as his reply.

Goodbye Dewald. You will be sorely missed. And, as you know, the table you fixed during one mentoring session is still holding up well.

29 Jul 2008
Beste Dewald
Die blomme is 'n plesier. Jou epos het my egter voorgespring, want ek
wou eintlik al gister of eergister vir jou 'n epos gestuur het.
Ek probeer altyd wanneer jy hier is 'n tydjie kry dat ons gesels - en
die twee brekvisse wat ons wel gehad het, was vir my persoonlik baie
goed om te h^e en ek waardeer dit.
Desnieteenstaande was dit vir my interessant dat ons by albei brekvisse
so duidelik RONDOM die sentrale issue gekuier het, en dit is dat jy baie
siek is, en dat jy desnieteenstaande nog steeds afkom om met die
studente te werk. Dit verstaan ek nogal. My eie pa het die Vrydag voor
sy dood op 73 nog 'n groot konsultasie in sy hospitaalbed gehad, omdat
hy nie sy laaste klient wou teleurstel nie.(Ok, dis sekerlik meer
kompleks as dit). Ek was daar om hom by te staan, en ons het almal
geweet een van die redes daarvoor, was dat ek die opvolgwerk sou moes
doen wat op die konsultasie volg.
Nietemin, dit is nie werklik ter sake waaroor ons op die brekvisse
praat of nie praat nie. Wat wel ter sake is, is dat ek een of ander tyd
vir jou moet vertel hoe baie ek jou insette in my lewe waardeer - oor 'n
tydperk wat nou al deur jare strek.
Jy weet dit nie, maar ons kontak is voorafgegaan deur Barry Vorster wat
my laat weet het dat "Oom Dewald" een van die skerpste, en mees
humanistiese mense op die kampus is.. ensovoorts. Eintlik kan ek nie sy
presiese woorde onthou nie, maar die positiewe vibe wat hy daargestel
het, was blywend.
Toe was ons werklike ontmoeting toe jy en Roelf van den Heever my
toegelaat het as 'n "adjunct-member" van die toe-nog-informele "Skool
vir IT. Die res onthou jy so goed soos ek.
Ek sal nooit vergeet hoe ons afgekom het op die feit dat ons dieselfde
voel oor die slottoneel van Amadeus waar Salieri homself verkodig as
"The king of mediocrity"
Dan was daar die hele pret met die stigting van die Skool vir IT en die
launch van die M.IT, en die werk wat ons saam gedoen het met die
navorsingsmetodologiekursus in die MIT.
Ek het destyds jou artikel oorgesit in HTML en dit op die MIT website
gesit by
http://hagar.up.ac.za/catts/mit/research/research.html
Dit bly nou nog 'n toonaangewende vertrekpunt in wanneer ek vir
studente 'n oorsig gee oor waar om te begin met hulle navorsing. Hoe om
te verseker dat hul navorsing "grammatikaal" sin maak.
Maar, die belangrikste vir my, is nie jou akademiese en kulturele
skerpheid nie - die belangrikste is jou humanity - die feit dat jy so
duidelik raaksien wat mense nodig het, en dat jy die vermoe"e het om
hulle daarheen te lei - hetsy as departementshoof, skoolvoorsitter,
studieleier, mentor of vriend.
Ek ding gedurig aan jou, en wens jou baie sterkte toe in hierdie swaar
tyd.
Dit is 'n voorreg om 'n deel van jou netwerk te mag wees!
Groete
Johannes

And his always-upbeat reply:

Beste Johannes

Ek sukkel al lank aan hierdie boodskap. Jy het sulke wonderlike mooi dinge
oor my gesê waarop ek geen antwoord het nie - net baie dankie. Ek waardeer
dit geweldig. Dit bly tog maar die rede waarom 'n akademikus 'n akademikus
is en bly: daardie enkele momente, wat jy op 'n hand of twee kan aftel,
wanneer jy in die oë van 'n student sien dat jy êrens in sy of haar binneste
iets aangeraak het. Seker, hoop 'n mens, is daar baie ander waar dit
ongesiens verbygegaan het, en dit gee verdere vertroosting vir 'n "lewe van
opoffering". Maar die momente waar dit sigbaar is, het so 'n impak dat dit
opmaak vir baie dinge. Wat jy nou oor my te gesê gehad het, tel onder
daardie momente, en ek sê nederig (regtig!) baie dankie daarvoor.

Die tydjie van rus wat ek vir myself ingeruim het, is besig om dividende af
te werp. Ek voel elke dag bietjie beter, en is seker dat ek binnekort weer
volstoom sal kan werk. Nou vat ek dit maar rustig en doen soveel ek kan op
'n dag - nie alles wat MOET gedoen word nie. Dis nogal 'n aanpassing, na 'n
lewe van totale miskenning van tydgrense en tydlimiete - daar is altyd nog
tyd!

Retha sê my dat dit hierdie week Quality Review tyd is. Ek kan glo dat dit
vir almal 'n stresvolle affêre moet wees, en baie sterkte daarmee.

Beste wense, ek hoop ons kan binnekort weer 'n brekfissie inruim. Hierdie
keer behoort jy darem nie te verdwaal nie!

Groetnis

Dewald